Jump to a question:
Snappit is a Grade 6 learning-support platform that gives learners another opportunity to revisit, understand and practise the work they learn at school. Content is structured around CAPS and the ATP and can be used at home, at the learner’s own pace.
Snappit is ’n Graad 6-leerondersteuningsplatform wat leerders nog ’n geleentheid gee om die werk wat hulle by die skool leer, tuis te hersien, verstaan en oefen. Die inhoud volg CAPS en die ATP en kan teen die leerder se eie tempo gebruik word.
Grade 6 is available for Term 4 of 2026. Snappit plans to expand to Grades 4–7 in 2027.
Graad 6 is beskikbaar vir Kwartaal 4 van 2026. Snappit beplan om in 2027 na Grade 4–7 uit te brei.
Yes. Grade 6 Term 4 content is available in both Afrikaans and English.
Ja. Graad 6 Kwartaal 4-inhoud is in Afrikaans en Engels beskikbaar.
Term 4 2026 launch rate: R129 per month for October and November 2026.
No payment is required for December. Term 4 content will remain available during December for revision at no additional cost.
Pricing for new registrations from 2027 will be announced separately.
Kwartaal 4 van 2026 se bekendstellingstarief: R129 per maand vir Oktober en November 2026.
Geen betaling is vir Desember nodig nie. Kwartaal 4-inhoud sal gedurende Desember teen geen ekstra koste beskikbaar bly vir hersiening.
Pryse vir nuwe registrasies vanaf 2027 sal afsonderlik aangekondig word.
Payments for the Term 4 launch will be made by EFT into Snappit’s business bank account. Registered families will receive the banking details, their unique payment reference and payment instructions by email.
Betalings vir die Kwartaal 4-bekendstelling sal per EFT in Snappit se besigheidsbankrekening gemaak word. Geregistreerde gesinne sal die bankbesonderhede, hul unieke betalingsverwysing en betalingsinstruksies per e-pos ontvang.
No. Snappit currently works on a month-to-month prepaid basis. There is no debit order or automatic renewal. You only pay for the months you want access.
Nee. Snappit werk tans op ’n maandelikse voorafbetaalde basis. Daar is geen debietorder of outomatiese hernuwing nie. Jy betaal slegs vir die maande waarvoor jy toegang wil hê.
Once payment for a month has been received, all Snappit content scheduled for that month is unlocked, and the learner can work through it at their own pace.
For Term 4 2026, payments are required for October and November only. Term 4 content remains available during December for revision at no additional cost.
Sodra betaling vir ’n maand ontvang is, word al die Snappit-inhoud wat vir daardie maand beplan is, oopgestel, en kan die leerder dit teen hul eie tempo deurwerk.
Vir Kwartaal 4 van 2026 is betaling slegs vir Oktober en November nodig. Kwartaal 4-inhoud bly gedurende Desember beskikbaar vir hersiening teen geen ekstra koste nie.
Depending on the topic, learners may use summaries, explanations, visual learning, audio, practice activities, tests, podcasts and Study Buddy.
Afhangend van die onderwerp kan leerders opsommings, verduidelikings, visuele leer, oudio, oefeninge, toetse, podcasts en Study Buddy gebruik.
Study Buddy helps learners with the actual work contained in Snappit. Learners can ask for another explanation, examples or test-style questions.
Study Buddy help leerders met die werk wat binne Snappit behandel word. Leerders kan vir ’n ander verduideliking, voorbeelde of toetsstyl-vrae vra.
No. Study Buddy is intentionally limited to approved Snappit lesson content. It is not designed as an open-ended internet chatbot.
Nee. Study Buddy is doelbewus beperk tot goedgekeurde Snappit-lesinhoud. Dit is nie ontwerp as ’n oop internet-kletsbot nie.
No. Snappit is an additional learning-support tool. Its purpose is to give learners another opportunity to work through concepts they may have missed or not fully understood in class.
Nee. Snappit is ’n aanvullende leerhulpmiddel. Die doel is om leerders nog ’n geleentheid te gee om werk wat hulle gemis of nie heeltemal verstaan het nie, weer deur te werk.
Yes. Weekly summary material can be downloaded and used digitally or printed for revision.
Ja. Weeklikse opsommings kan afgelaai, digitaal gebruik of vir hersiening gedruk word.
Parents can view the learner’s test history and results in Snappit. Previous attempts can be reviewed to see which questions were incorrect and where more revision may be needed.
Ouers kan die leerder se toetsgeskiedenis en resultate in Snappit sien. Vorige pogings kan hersien word om te sien watter vrae verkeerd was en waar verdere hersiening nodig mag wees.
Snappit Grade 6 Term 4 opens on 4 October 2026 (Actual Term 4 starts on 6 October 2026)
Snappit Graad 6 Kwartaal 4 open op 4 Oktober 2026 (Kwartaal 4 begin amptelik op 6 Oktober 2026)